Sterk wisselwerking

Kragbindende deeltjies binne die atoomkern.

Die sterk wisselwerking is in natuurkunde en deeltjiefisika een van die vier fundamentele wisselwerkings van die natuur. Dit word ook sterk krag of sterk kernkrag genoem. Die ander wisselwerkings is elektromagnetiese wisselwerking, swak wisselwerking en swaartekrag. Op atomiese skaal is dit sowat 100 keer sterker as elektromagnetisme, wat op sy beurt sterker is as die swak wisselwerking en swaartekrag.

Die sterk wisselwerking is op twee gebiede waarneembaar: op ’n groot skaal is dit die krag wat protone en neutrone saambind om die kern van ’n atoom te vorm. Op ’n klein skaal is dit die krag (deur gluone gedra) wat kwarke bymekaarhou om protone, neutrone en ander hadron-deeltjies te vorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search